ONS GESKIEDENIS

ONS GESKIEDENIS

Isolated Ribbon Banner
ONS GESKIEDENIS
ONS GESKIEDENIS




“Fontainebleau, Tvl. Residential and farming township in the Randburg municipal area and in the magisterial district of Johannesburg. The township lies about 8 miles (13km) north-west of the Johannesburg City Hall. The township was named after the royal palace outside Paris by W. H. Auret Pritchard, who surveyed it soon after his return from a holiday in Paris.”


– Geneem uit: Newscutting Ferndale


Laerskool Fontainebleau is die oudste skool in Randburg.

Die skool is op 24 Januarie 1906 as ‘n klein plaasskooltjie gestig met 81 leerlinge en 2 personeellede.

Mnr GHJ Slabbert was die hoof en me C Joubert sy assistent.

Die naam van die skool was “ Fontainebleau Government School”.

In 1913 het die leerlinge hul intrek in die nuwe skoolgebou geneem wat geleë is waar ons skool tans staan.

Al die klasse wat toe in gebruik geneem is, word vandag nog gebruik.

OOMBLIKKE WAAR TYD VIR FONTIES STILGESTAAN HET

  • 1 Jan 1947 - Die Std 6 - leerlinge word oorgeplaas na die Linden Junior - Hoërskool. (Die graad 8 leerders was voorheen deel van die laerskool).
  • 5 Feb 1947 - Swembad voltooi.
  • 5 Des 1947 - Dr Fraser ('n tandarts) in diens van die Departement van Gesondheid kom trek 142 tande!
  • 18 Aug 1955 - die skool kry aansluiting tot stadswater.
  • 26 April 1956 - Elektrisiteit by die skool!
  • 14-16 Mei 1956 - Volgens inspeksieverslag - 50e verjaarsdag van die skool - skool verander van parallelmediumskool na Afrikaans-mediumskool.
  • 10 Nov 1959 - 'n Begin word gemaak met die aanbou van die nuwe administratiewe eenheid, biblioteek, stafkamer en latrines.
  • 24 Januarie 2006 – Laerskool Fontainebleau skop hul eeufeesvieringe af
Blop SHape
Abstract Minimalist Dots Shapes

PERSONEEL 2023

Blop SHape
Abstract Minimalist Dots Shapes
Telephone Glyph Icon

Kontak ons

011 791 6160

Mail Envelope Illustration

Ons Adres

Charlie Rd, Fontainebleau, Randburg, 2194