Kultuur en gemeenskapdiens

Abstract Minimalist Dots Shapes



Laerskool Fontainebleau is gebou op waardes wat deurentyd op sportgebied beleef en uitgeleef word, week na week, wedstryd na wedstryd. Fonties gryp die geleentheid so dikwels moontlik aan om op verskillende sportarenas uit te blink. Sport by Fonties is nie net iets wat ons doen nie, dit is iets wat ons is.

Fonties lewer jaarliks spelers op streek- en provinsialevlak op in verskillende sportsoorte en verteenwoordig die skool op die hoogste vlak. Hierdie leerders bring al daardie ondervinding terug en maak dit deel van ons Fonties sportlewenstyl. Sport is uit die aard van die saak ‘n groot deel van opvoeding in elke kind se lewe, waar elkeen leer hoe om met waardigheid deel te neem, en die etos uitlewe dat ons deur sport, vriende maak wat ‘n leeftyd hou. Die sport lig skyn helder ooral in ons kleurvolle Suid Afrikaanse sportgemeenskap, waar Fonties geken word vir hul durf deursettingsvermoë, en uitnemendheid in alles wat ons op die sportveld aanpak.


Regardt Peyper

Adjunkhoof

rpeyper@fonties.co.za

Ons glo dat ‘n betrokke leerder ‘n gelukkige leerder is en daarom bied ons ‘n groot verskeidenheid kultuuraktiwiteite aan. Op kultuurgebied wil ons graag aan ons leerders die geleentheid gee om hulle kreatiwiteit te ontwikkel en uit te leef, vaardighede aan te leer en nuwe talente te ontdek. As deel van ontwikkeling, word ons leerders blootgestel aan ‘n wye spektrum van kultuuraktiwiteite. Die leerders leer daardeur ‘n liefde vir die kunste, deursettingsvermoë en selfdissipline aan. Ons strewe is dat elke leerder sy/haar volle potensiaal op kultuurgebied sal bereik.


Linda-Mari Viljoen

Kultuurhoof

lindamari@fonties.co.za

Abstract Minimalist Dots Shapes

Bybelvasvra

Organiseerder Petra Marais

petra@fonties.co.za

bible

Die Bybelvasvraspan bestaan uit 4 leerders in graad 6 of 7 wat aan die Super 12-Bybelvasvra teen ongeveer 18 ander skole deelneem. Die werk kom uit 3 boeke van die Bybel. Ons leer dan ongeveer 26 hoofstukke altesaam.


Die voorbereiding behels om voorgeskrewe gedeeltes van die Bybel te leer en op verskeie maniere te kan beantwoord. Daar word elke dag voorberei en die skrifgedeeltes word deeglik behandel en vasgelê. Daar word baie toewyding van die leerders gevra, maar dit is ongelooflik lekker en verrykend om deel van die span te wees.


Oefentyd:

Dinsdae 14:15-15:15 asook pouses

Dans

Organiseerder Christel Scholtz

christel@fonties.co.za

Beautiful dance silhouette

Laerskool Fontainebleau bied ‘n unieke buitemuurse geleentheid in die vorm van dans aan. Dans by Fonties bestaan uit Volksdans wat onder andere danse van Switserland, Duitsland, Poolland en Rusland insluit. Daarmee saam word dansers ook aan die ander genres/style blootgestel: moderne dans, jazz, liriese en kontemporêre dans asook ballet. Weeklikse tegniekklasse gee dansers die geleentheid om hul dansrepertorium te verbreed.


Oudisies vind jaarliks in Februarie plaas wanneer voornemende dansers die geleentheid gegee word om choreografie aan te leer en dan op te tree. Dansers wat nie by Volksdans betrokke is nie, het ook van 2023 af die geleentheid om privaatklasse by te woon.


Volksdansgroepe:

Beginner dansgroep gr. 1-3 (16 dansers) Maandae 15:15-16:15

Inter dansgroep gr. 3-5 (16 danser) Maandae 16:15-17:15 Junior dansgroep gr. 4-7 (16 dansers) Woensdae17:15-18:15 Senior dansgroep gr. 5-7 (12 dansers) Vrydae 6:30- 7:15


Solo dans Maandae – Donderdae 6:30-7:15

Tegniekklasse Donderdae 15:15-16:15 en 16:15-17:15

Ons dansgroepe neem deur die loop van die jaar onder andere aan die Kollig Kunstefees en Gauteng ‘dance festival’ deel. Hulle doen ook jaarliks ‘n oudisie vir die Tshwane Jeugkunstefees wat in Pretoria Staatsteater aangebied word. Ons dansers neem ook per geleentheid aan ander optredes en konserte deel.

Drama

Organiseerder Lizanne Colin

lizanne@fonties.co.za

Comedy and Tragedy Masks

Ons bied drama as deel van ons buitemuurse program by die skool aan.

Drama is ‘n prettige aktiwiteit wat leerders se selfvertroue, verbeelding en korrekte stemgebruik stimuleer en ontwikkel.


Leerders word opgedeel in ‘n junior (gr. R-3) en senior (gr. 4-7) groep. Gedurende die eerste kwartaal vind die dramaklas in die twee groepe plaas. Van die tweede kwartaal af verdeel die gevorderde leerders in kleiner groepe ter voorbereiding vir die Kollig Kunstefees wat in die derde kwartaal plaasvind. Oefentye:

Gr. 1-3 Donderdae 15:15-16:15

Gr. 4-7 Woensdae 16:15-17:15

Juniorkoor

Organiseerder Natasha van der Walt

lNatasha@fonties.co.za

Musical performance conductor icon

Seniorkoor

Organiseerder Kara Lessing

lKara@fonties.co.za

Ons Juniorkoor bestaan uit gr. 1-3 leerders en ons Seniorkoor uit leerders van gr. 4-7 wat daarna streef om kwaliteit koorsang te lewer. Beide ons kore neem jaarliks onder andere aan die Super 12-koorkompetisie, ATKV-Applous,1 Koor, Kollig Kunstefees en Sentraal Gauteng Eisteddfod deel. Ons kore doen ook jaarliks ‘n oudisie vir die Tshwane Jeugkunstefees wat in Pretoria Staatsteater aangebied word. Hulle neem ook per geleentheid aan koorfeeste en kerkoptredes deel.


Oefentye:

Juniorkoor

Dinsdae en Donderdae 13:15-14:15 Seniorkoor

Donderdae 14:15-16:15

Kollig Kunstefees

Organiseerder Linda-Mari Viljoen

lindamari@fonties.co.za

Kollig Kunstefees is ‘n Interskole Kultuurontwikkeling in samewerking met Laerskole Fontainebleau, Fairland, Louw Geldenhuys en Unika.


Die doel van Kollig Kunstefees is soos volg:

1. Blootstelling aan verhoogoptredes en professionele klank en beligting vir die kultuurleerders van al die deelnemende skole in al die genres in ‘n veilige en bekostigbare omgewing.

2. Samewerking en wedersydse ontwikkeling tussen skole.

3. Gedeelde belange in terme van die kunste en veral dan vir Afrikaanse leerders om hulle

talente te kan deel met mekaar en ‘n gehoor.

4. Buurmanskap en vriendskap oor skoolgrense heen. Die volgende genres word aangebied:

Dans, Drama, Instrumentaal, Public Speaking, Redenaars, Sang, Visuele Kuns.

Die vier deelnemende skole kry almal ‘n geleentheid om van die genres aan te bied.


Daar word jaarliks gedurende Oktober ‘n “Showcase” aangebied waartydens die top items

per genre die geleentheid kry om weer deel te neem.

Musiek

Organiseerder Linda-Mari Viljoen

lindamari@fonties.co.za

Music Notes

Musieklesse word deur die Hoërskool Randburg Magneetskool vir Musiek aangebied. Musieklesse word aan enige leerder van enige skool aangebied. Instrumente wat aangebied word is klavier, sang, viool, tjello, kitaar, blokfluit en tromme.


Enige ander instrument wat u verlang, sal deur kundige onderwysers aangebied word.

Lesse word hier by Laerskool Fontainebleau of by Hoërskool Randburg aangebied. Die lesse sluit prakties, teorie en gehoorklasse in. Die fooie is uiters bekostigbaar en word deur bekwame onderwysers aangebied.

Redenaars

Organiseerder Gerlenè Nieuwenhuis

gerlene@fonties.co.za

Talking Icon

Ons Redenaars word geleer om voor ander mense te praat deur hulle redenerende vermoë en selfvertroue te stimuleer en te ontwikkel.


Ons hou jaarliks gedurende Oktober interne uitdunne by die skool vir die leerders wat belangstel. Slegs voorbereide toesprake word tydens die interne uitdunne gelewer en word deur eksterne beoordelaars beoordeel.


Die uitdunne word per kategorie (gr. 1-3; gr. 4-5 en gr. 6-7) van die volgende jaar gehou om sodoende finaliste te bepaal.


Die res van die leerders wat aan die uitdunne deelneem, kry geleentheid om aan Kollig Kunstefees asook aan Gauteng Interskole Redenaars deel te neem.

Die onderwerpe per kategorie word deur die ATKV se voorskrifte vir daardie jaar bepaal.


Daar word tydens die uitdunne ook spanne vir spanredenaars gekies. ‘n Span bestaan uit 4 lede wat in dieselfde graad is. Ons spanne neem van gr. 3-7 deel. Ons neem ook aan ander kompetisies deel soos daar geleenthede is.


Oefentye:

Gr. 4-7 Dinsdae 14:15-15:15 Gr. 1-3 Donderdae 15:15-16:15

Voortrekker

Organiseerder Lida Venter

lida@fonties.co.za

South Africa Voortrekker

Die Klipfontein Voortrekker-Kommando is die tuiste van ons Fonties.

Die ouers en offisiere span jaarliks kragte saam om ‘n onvergeetlike kommandokamp te reël waar ons Vories leer om onder andere in die veld kos te maak en hoe om onder ander instrumente en knope te maak. Twee-weeklikse spanbyeenkomste op Maandae van 16:30 – 18:30 is groot pret met interessante en kreatiewe aktiwiteite uit die Graadwielboekies. Daar word gedurende die skoolvakansies geleentheid gebied om plaas-, sang-, see-, veld-, en waterwerkkampe by te woon. Naweek aktiwiteite behels om meer oor hulself, die omgewing, ons land en geskiedenis en godsdiens te leer. Tydens daardie aktiwiteite leer hulle nuwe dinge doen soos perdry en roei en ook om die sterre en buitenste ruim, diere en plante bestudeer.


Voorslag is waarna ons Laerskool Vories werk. Dit is die hoogste toekenning wat in gr. 7 verwerf kan word. Leerders kan brons, silwer of goue toekennings ontvang afhangende van betrokkenheid, deelname en kennis van Afrikanerskap, Burgerskap, Christenskap en diensbaarheid.

Produksie

Organiseerder Linda-Mari Viljoen

llindamari@fonties.co.za

Clapboard clipart

Ons bied elke 6 jaar ‘n produksie aan waarvan elke leerder van gr. 1-7 asook die personeel deel is. Die produksie bestaan uit ‘n groep hoofkarakters wat die storielyn vertolk en die res van die leerders voer ‘n dans in graadverband uit in ooreenstemming met die tema van daardie jaar. Die doel is om leerders die geleentheid te bied om ten minste een maal gedurende hulle laerskoolloopbaan deel te wees van ‘n onvergeetlike produksie en om hulself ook op die gebied uit te leef.

Kontak ons

Telephone Glyph Icon

011 791 6160

Mail Envelope Illustration

Ons Adres

Charlie Rd, Fontainebleau, Randburg, 2194