FONTIES PRE-PRIMÊR

FONTIES PRE-PRIMÊR

Fonties Pre-Primêr is op 1 Januarie 2008 formeel geopen. Die kleuterskool, met ruim klasse wat verseker dat daar genoeg ruimte is om te kan speel en leer, is op die terrein van Laerskool Fontainebleau. Die terrein is afgekamp van die res van die skool en is 'n kleutervriendelike omgewing waar hulle veilig, geborge en gelukkig kan wees. Hoewel hulle baie opgewonde is om by die "groot skool" te wees, is hulle in 'n omgewing wat ideaal geskik vir kleuters is.


Die onderwyseresse dra die belange van die kleuters op die hart en elke kleuter word gehelp om tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Indiensopleiding en bywoning van kursusse verseker dat die personeel op hoogte bly van nuwe ontwikkelings en tendense. Die onderwyseresse is ook goed gekwalifiseerd, baie bekwaam en beskik oor die nodige ondervinding. Hulle weet presies wat van die kleuters verwag word om gereed te wees vir Graad 1. Die kleuters is dan ook emosioneel aangepas by die "groot skool" - die oorgang na Graad 1 is dus soveel makliker.


Daar is professionele hulp in die vorm van Arbeids- en Spraakterapeute asook 'n Sielkundige beskikbaar indien nodig. Ouers word ook betrek by die onderrig van hulle kleuters sodat 'n deelnemende ouerkorps 'n vennootskap vorm met die onderwyseresse.


Kleuters skakel teen geen ekstra koste in by verskeie van die Laerskoolaktiwiteite. Tydens buitespel word daar ook 'n verskeidenheid addisionele aktiwiteite teen ekstra betaling aangebied. Vir werkende ouers is dit van groot hulp. Ouers kan ook van die nasorgfasiliteit, wat vakansieskool insluit, gebruik maak.


FONTIES PRE-PRIMÊR IS: 'n Kleuterskool waar elke kleuter belangrik is - waar ouers en onderwyseresse saamwerk - 'n Kleuterskool wat die kleuters vir die res van hulle lewe gaan onthou.


ONS IS 'N HOOFSTUK IN ELKE KIND SE LEWE!


MARY VAN ZYL

HOOF: FONTIES PRE-PRIMÊR



FONTIES PRE-PRIMÊR

FONTIES PRE-PRIMÊR

Blop SHape
Abstract Minimalist Dots Shapes

Die Kleuterskool word op die terrein van Laerskool Fontainebleau bedryf en bied klasse aan vir Graad RRR, Graad RR en Graad R. Graad RR = 3 – 4 jaar. Graad RR = 4 – 5 jaar. Gr. R = 5 – 6 jaar.

Al die fasiliteite van die Laerskool is tot beskikking vir die voorskoolse kleuters wat tot elkeen van hulle se voordeel strek.

'n Gestruktureerde program word op 'n informele wyse aangebied. Elke aktiwiteit is daarop gerig om vaardighede uit te brei om sodoende skoolgereedheid te ontwikkel.

Blop SHape
kids outdoor activity

Skoolure


Die kleuters kan tussen 06:30 en 07:40 by die klasse besorg word en in die middag vanaf13:00 tot 13:30 afgehaal word.

Die formele opvoedkundige program strek vanaf 07:40 tot 13:00.

Die voldagfasiliteite is vanaf13:30 tot 17:30 gedurende skoolkwartale teen 'n addisionele koste beskikbaar.

Gedurende skoolvakansies word 'n vakansieskool by die Laerskool vanaf 07:00 tot 17:30 teen 'n addisionele koste aangebied.

Die kleuterskool volg dieselfde vakansietye as die Laerskool.

Colorful Puzzle

Kleredrag


Gemaklike speelklere moet gedra word. Dogtertjies moet verkieslik nie rokkies of lang, nou rompe dra nie. Indien hulle wel 'n rokkie dra, moet hulle 'n kortbroek onder die rokkie aantrek.

Alle klere moet duidelik gemerk wees!

Die kleuters moet verkieslik kaalvoet skool toe kom. Indien hulle skoene aantrek, moet dit gemaklike, sagte skoene wees.

Dit is ook raadsaam om 'n ekstra stel skoon klere saam skool toe te stuur.

Geen juwele word toegelaat nie.


Benodigdhede


Elke kleuter behoort 'n groot genoeg rugsakkie of tassie te hê waarin sy/haar kos en klere gehou word en waarin skeppende werk huis toe geneem kan word.

Die kleuters moet solank tuis oefen om al hulle besittings in hulle rugsakkie / tassie te bêre. Kleuters moet leer om self verantwoordelikheid vir hulle besittings te neem.

Stuur asseblief 'n foto van die kleuter skool toe. Die foto's word teen die bord opgesit sodat die kleuters kan weet waar hulle hul skeppende werk kan uitstal.

Kontak ons

Telephone Glyph Icon

011 791 6160

Mail Envelope Illustration

Ons Adres

Charlie Rd, Fontainebleau, Randburg, 2194